AGTERGROND

PSP is 'n industrie in die vervaardiging van verskeie houtprodukte. Die houtprodukte sluit die volgende in:

* Bou - en heiningpale.
* " Taper " en silindriese pale.
* Saaghout vir die vervaardiging van palette WOS (wet of saw)
* Profiel hout soos plafon, vloerplanke en "mini logs".
* Post & Rails vir netjiese heinings.
* Verskeie houtprodukte soos garden fencing.
* Behandelings tipes is CCA Tanaliet (groen), Kreosoot (swart) en Boron (kleurlose behandeling vir   binnehuis).

Graag sal ons net breedvoerig kennis wil gee van die proses om hout pale te vervaardig.

DIE PROSES

Privaat grondeienaars en organisasies verbonde aan plantasies soos MTO Forestry, stel maandeliks hout beskikbaar per tender. Die hout is in die plantasie in staande vorm en moet dan ontgun word in natuurlike omstandighede. Met ander woorde is die boom beskikbaar om gesny te word en dan verwerk te word deur die koper.

PLANTASIES EN ONTGINNING

Plantasies is geleë vanaf Humansdorp omgewing regdeur en hoofsaaklik langs die kus tot en met Swellendam. Ontginning geskied in bergagtige dele en onderhoud op die ontginnings masjienere is uitsonderlik hoog. Ontginning is dus nie 'n maklike taak nie en veral na reëndae is dit soms bitter gevaarlik en meestal onbegaanbaar vir enige voertuig om mee te werk. PSP is dus voortdurend op soek na nuwe en meer moderne metodes om die elemente van die natuur tee te werk. Indien dit wel reen in die plantasies, kan werk eers gewoonlik na 2 dae se son voortduur en word kosbare tyd verloor. Dit gebeur ook gereeld dat die veiligheids inspekteurs van die spesifieke grondeienaars werk verrigtinge staak tydens te nat omstandighede. Veral die Suid Kaap kusstreek met sy hoë reënval syfer beïnvloed ontginning in sy ergste vorm. Die ander faktor is die arbeid wat verrig word. Daar is huidiglik 5 spanne onder die beheer van PSP Timbers waarvan elke span uit ongeveer 15 na 20 mense bestaan. Die spanne ontgun elkeen in sy eie area soos toegeken. Die sluit operateurs van masjienerie in. Ontginning is dus in kort baie arbeid intensief en 'n bitter duur operasie om te bedryf in die lig gesien van die hoë onkostes verbonde aan gebreke.

TROKKE MET KRANE

PSP het altesaam 5 trokke waarvan 3 toegerus is met krane. Waar trokke sonder krane hout optel in die plantasies word dit met die ontgun spanne se implemente gelaai. Die ander drie trokke laai hulle self en so word altesaam gemiddeld 7 - 10 vragte per dag ontvang te Oudtshoorn aanleg. Ander opsies is waar 'n trok met 'n kraan en een sonder 'n kraan saam na 'n plantasie gaan. Die een laai dus die ander. Elke trok bewerkstellig 'n ketting funksie. Indien die trok nie beskikbaar is om hout op te tel nie, gaan PSP soveel minder hout ontvang om te verwerk. Ook bepaal dit dat die kontrakteur wat die hout ontgun potensiele inkomste verloor vir die spesifieke dag. Daarom is dit belangrik dat trokke slegs tydens reendae vragte kan ry na kliënte.

WAT EEN BOOM JOU BIED

Die ouderdom van plantasies bepaal die lengte van 'n boom. Plantasies moet ten minste 6 jaar oud wees voordat dunnings plaas mag vind en voordat die vak op tender mag kom. Elke boom bied slegs een paal van 'n soort. Indien 'n boom bv 11m lank is sal dit x1 2,1 K2 paal gee, x1 2,4 K4 en x1 6m K5 gee. Ander kombinasies word bepaal deur die aanvraag. So in kort, indien 'n klient x5000 2,1 K2 bestel, moet daar ongeveer x5000 bome gesny word voordat sy bestelling die lig kan sien.

PROSES VOOR BEHANDELING

Die trokke ry die hout aan van die plantasies tot by Oudtshoorn se aanleg. Elke trok doen ongeveer 'n gemiddelde van tussen 400 en 500km per dag, net deur rou produk aan te ry. Die hout word ontvang en onmiddelik ontbas. 'n Ontbas masjien bestaan uit 5 man en daar is huidiglik 7 basmasjiene wat die verskillende pale bas. Die pale word nou na die ontbasting uitgeklas en op lengte afgesny. Rounding pale word geskil en daarna geklas en op mate gesny voor stappeling vir die drogings proses. Alle pale word nou gestapel vir die drogings proses. In die somer sal pale ongeveer 1 - 3 weke neem om droog te raak. In die winter soms so lank as 6 - 8 weke.

BEHANDELING

Pale kan slegs van die stapel afgebreek word en gebondel word vir behandeling indien daar 'n maksimum vog inhoud bestaan van 25%. Al die pale moet aan hierdie voorwaarde voldoen voordat dit behandel word. Indien dit reen sal dit die proses vetraag met ongeveer 3 - 5 dae vir elke dag se reen. So indien dit aanhoudend reen vir 3 dae sonder behoorlike sonlig sal die proses vertraag word met tussen 9 - 12 dae afhangende van die paal se dikte en voginhoud voor reen. Pale word nou behandel teen 'n tempo van ongeveer 30 - 40m3 per aanleg per dag. Dit beteken dat die CCA en Kreosoot aanleg ongeveer 'n gemiddelde saam van 60 - 70m3 per dag behandel.

FAKTORE WAT LEWERINGS TYDPERK BEïNVLOED

Lewerings tydperk is 'n geskatte datum van die lewering van die voltooide produk of bestellingop die klient se grond. Soos reeds genoem is daar 'n paar faktore wat inmeng en sal PSP Timbers altyd poog om die kliënt so gou moontlik te help.

Die volgende faktore het 'n invloed op lewerings tydperk:

* Reenweer verhoog die voginhoud van die pale.
* Uiterste koue vertraag die droogword proses.
* Beskikbaarheid van hout in plantasies.
* Weers omstandighede in plantasies weerhou trokke om hout te vervoer na die aanleg te Oudtshoorn.
* Beskikbaarheid van transport.
* Beskikbaarheid van kraantrok.

Nie-teenstaande poog PSP Timbers om prioriteite te plaas aan die mees kritiese bestellings asook die tydperk van ontvangs van die bestelling. Alle sorg word geneem om enige bestelling so spoedig as moontlik te versend.

Aan die anderkant is daar faktore wat spoedige lewering bewerkstellig en kan ons dit soos volg noem:

* Vroegtydige plaas van bestellings voor die winter.
* Bestellings wat groot genoeg is om vervoer te word met 'n "link".
* Beskikbaarheid van hande om die vrag af te laai aan die anderkant.
* Bestellings van onmiddelike beskikbare produk of pale waarvan in oorvloed beskikbaar is.

VERSENDING VAN VOLTOOIDE PRODUK

Hier berus die versending hoofsaaklik op die beskikbaarheid van vragmotors. 'n "Link" soos bekend staan vir die 6m voorste wa en 12m agterste wa op 'n loskop trok, kan 40m3 hout vervoer. Indien 'n kliënt se bestelling 20m3 groot is moet daar iemand anders se bestelling saam met die trok gelaai word om die 40m3. PSP Timbers maak huidiglik gebruik van hoofsaaklik 5 transport maatskappye maar kontak gereeld een van die 22 ander maatskappye indien trokke nie beskikbaar is nie. Dit gebeur dus ook met ongereelde tye dat geen trokke beskikbaar is vir 'n dag of twee dae aaneen. Die ander faktor is die beskikbaarheid van trokke met sykante of penne. Sommige bestellings veral pale langer as 2,4m, laai baie veiliger met trokke met of sykante of penne. Beskikbaarheid van trokke met krane is meer soos reeds bespreek met uitsonderlike situasies. Dit gebeur gereeld dat die trokke uitgelaai word, maar ongelukkig kan 'n tyd van aflewering nie akkuraat bevestig word nie.


To top

 
Copyright © 2025  ::  PSP TIMBERS (Privacy Policy)  •  Site by:  WebWorX